Click here!
In die nuutste WIEL:  
Teken in vir ons gratis weeklikse nuusbrief!
Jou epos-adres:
Latest Cover
 
Latest Cover
 
click here!
click here!
2010 Motorsport-kalender
click here!
 
motor verkope
 
 
click here!
 
 
Besoek die vervaardigers:
Alfa Romeo
Aston Martin
Audi

Bentley
BMW
Cadillac
Caterham
Chana
Cherry
Chevrolet
Chrysler
Citroën
Daihatsu
Dodge
Ferrari
Fiat
Ford
Foton
Gonow
GWM
Hafei
Honda
Hummer
Hyundai
Isuzu
Jaguar
Jeep
Kia
Lamborghini
Land Rover
Lexus
Lotus
Mahindra
Maserati
Mazda
Mercedes-Benz
Mini
Mitsubishi
Nissan
Opel
Peugeot
Porsche
Proton
Renault
Rolls-Royce
Saab
Smart
Ssangyong
Subaru
Suzuki
Tata
Toyota
Volkswagen
Volvo
 

 

Racelogic VBOX

WIEL span reeds vir jare die wêreldbekende, akkurate en robuuste VBOX GPS-stelsel vir al ons verrigtingstoetse in, nes die ander tydskrifte in die Ramsay Automotive-stal, CAR en Leisure Wheels.

Die oorspronklike stelsel wat aangeskaf is, die VBOX II, kon tot tien satelliete heeltyd volg teen 'n proeftempo van 20 Hertz of 20 maal per sekonde. Hierdie hoë proeftempo is veral voordelig met remtoetse, wat vanaf 100 km/h geskied en dikwels minder as drie sekondes duur. Dié toetse kan afgelê word deur 'n sneller op die rempedaal te plaas, of die meting te begin wanneer die snelheid onder 100 km/h daal. Die stelsel skakel die bestuurder se reaksietyd uit deur remming reeds vanaf 100,5 km/h of 101 km/h te bewerkstellig.

Verbysteekversnelling monitor die verandering in tyd oor elke snelheidsegment (byvoorbeeld tussen 40 km/h en 60 km/h, ens.), terwyl die versnelling tot een kilometer die tyd wat verval meet in elke 20 km/h-strek. Snelheidsmeter-kalibrering vergelyk weer die motor se snelheidsmeter-lesing met die VBOX-lesing, en die 10 km-afstandlesing op die motor se odometer vergeleke met die VBOX se meting. Of 'n herlaaibare 12 V-battery, of die motor se kragsok verskaf krag, en die magnetiese antenna word aan die motor se dak vasgemaak vir 'n duidelike kanaal na die satelliete.

Ons gaan alle toetse deeglik op 'n skootrekenaar na om te verseker dat die beste tegniek gebruik word om die meeste uit toetsmotors te haal, maar die aanboord-geheue stoor steeds elke resultaat, asook die hoogte bo seevlak en die hoeveelheid satelliete in sig. Die VBOX-stelsel het dus aanhoudende kennis van waar die motor elke 20ste van 'n sekonde is, terwyl dit versneldata bepaal deur die tempo van verandering van afstand teenoor tyd. Laterale en oorlangsversnelling (g) word ook bereken.

Die plaaslike invoerder en verskaffer het aan ons die VIDEO VBOX verskaf. Hierdie stelsel gebruik 'n 10 Hz-verwerker en sluit twee kompakte kameras met mikrofone in, asook 'n aanpasbare skerm met die opsie om renbane, verrigting, remwerk, laterale g-krag-grafieke en maatskappy-logo's op te stel. Enjinomwentelinge en ander data kan ook via die motor se aanboord diagnostiese stelsel afgelaai word. Dit is hierdie VIDEO VBOX wat WIEL gebruik vir die baantye wat ons op die webwerf en in die tydskrif publiseer.

Kyk uit vir binnemotor-video's van ons toetsmotors onder die video-afdeling. Vir meer inligting rakende die VBOX, gaan na Racelogic se webtuiste by www.racelogic.co.uk.

Advertensie:
Meeste kommentaar gelewer
- George motorklub ovaalbaanwedrenne.
kommentaar(14)
- Ry-indruk: Volkswagen Amarok in Argentinië
kommentaar(9)
- Glyende opwinding in George
kommentaar(9)
- Volkswagen Amarok, eerste offisiële foto’s
kommentaar(6)
| kontak ons | adverteer | privaatheidsbeleid | terme van gebruik | kopiereg | webtuisteverkeer |
Kopiereg 2009. Alle regte voorbehou.
ONTWERP, ONTWIKKEL, ONDERHOU EN AANGEBIED DEUR RAMSAYMEDIA DIGITALE PUBLIKASIES, 'N AFDELING VAN RAMSAYMEDIA.