Click here!
In die nuutste WIEL:  
Teken in vir ons gratis weeklikse nuusbrief!
Jou epos-adres:
Latest Cover
 
Latest Cover
 
click here!
click here!
2009 Motorsport-kalender
 
 
click here!
Besoek die vervaardigers:
Alfa Romeo
Aston Martin
Audi

Bentley
BMW
Cadillac
Caterham
Chana
Cherry
Chevrolet
Chrysler
Citroën
Daihatsu
Dodge
Ferrari
Fiat
Ford
Foton
Gonow
GWM
Hafei
Honda
Hummer
Hyundai
Isuzu
Jaguar
Jeep
Kia
Lamborghini
Land Rover
Lexus
Lotus
Mahindra
Maserati
Mazda
Mercedes-Benz
Mini
Mitsubishi
Nissan
Opel
Peugeot
Porsche
Proton
Renault
Rolls-Royce
Saab
Smart
Ssangyong
Subaru
Suzuki
Tata
Toyota
Volkswagen
Volvo
 

 

8 Maart 2010
Een stappie vorentoe, twee stappies terug
kommentaar: 1
Langs die snelweg met ʼn gebreekte petrolpedaal. Te minste het een padwerker vir ʼn paar minute met my kom staan en gesels.



Dit was veronderstel om eenvoudig te wees. Die motorvoertuigregistrasie en lisensiëringdepartement sou my laat weet wanneer die Locost op die nasionalestelsel gelaai is, dan kan ek die R.P.C.-vorm gaan optel. Al wat dan oorbly is die ʼn finale besoek aan die polisie en ʼn padwaardigheidstoets. Dit was nie die geval nie.

Amper gelisensieer?

Eerstens moes ek geweet het dat ek self moet bel om uit te vind dat die Locost klaar geregistreer is. Twee weke later het ek die R.P.C.-vorm gaan optel en is ek terug na die polisie. Gelukkig ken ek teen die tyd die inspekteur (ons beide het al oor ons loopbane, motors en nog vele meer gesels) en hy het my vinnig gehelp. Dit is waar dit nou interessant raak.

Op die nasionalestelsel is die Locost (wat in wese ʼn Lotus Sewe-replika is) geregistreer as ʼn Volkswagen Baja-bug! Op die polisie se stelsel is dit nou ʼn Lotus sedan! Meer gekompliseerd as dit kry jy nie, en moet my asseblief nie vra om dit te verduidelik nie. Matriek algebra is eenvoudiger.

Met hierdie papier is ek terug na die motorvoertuigregistrasie en lisensiëringsdepartement en hulle het die nodige registrasiepapiere vir my gegee terwyl ek nou slegs ʼn finale padwaardigheidstoets moes slag. Ek was positief, aangesien dit die laaste stap was, en die vorige keer wat ek by hierdie privaatinstansie was, AVTS, het ek goeie diens ontvang en die bestuurder het gesê dat hy nie sien hoekom die voertuig nie sou slaag nie, behalwe dalk vir die uitlaatpyp wat bietjie oop is.

Hierdie keer was dit heel anders. Hulle het verduidelik dat hulle nie sulke motors deur ʼn padwaardigheidstoets kan plaas nie en het my telefoonnommers van die SABS gegee. Om ʼn langstorie kort te maak bel ek toe vir Craig Harper (eienaar van Harper Sportcars) en hy verwys my die verkeersdepartement waar hy sy motors heen neem. Dit blyk toe glad dat dit glad nie nodig is om die SABS te kontak nie.

Verkeersdeparmente, hulle rok

Ek ry toe dadelik daarheen (onthou, ons is nou op ons vierde tydelike lisensie, hoewel mens eintlik net drie mag gebruik) en toe ek daar aankom sê hulle vir my ek is te laat, hulle kan my nie meer help nie. Dit was 14:45 op ʼn Maandagmiddag!
In die Locost en terug werk toe.

Dinsdagoggend, in die Locost en terug na Ottery se verkeersdepartement. Betaal die R120 en vat die Locost na die area waar hulle die motor toets. Daar betrap ek die verkeersbeampte agter sy lesenaar terwyl hy agteroor in sy stoel lê en ʼn ogie knip. Hy gryp sy bord en plaas die vorms daarop en vra my of ek daai ‘resiesmotor’ deur die toets wil sit. Hy lyk toe bietjie twyfelagtig, maar begin met die toets.

Die remme toets hulle met twee rollers wat in die grond gemonteer is. Voorremme het geslaag en die agterremme het ook geslaag terwyl die handrem te swak was. Daar is ʼn klein lekkasie by die ratkas, maar niks ernstig nie terwyl die ligte ook voldoende was. Hy gaan ry toe met die motor en hoewel mens sou dink iemand sal ongewonde wees om so ʼn motor te bestuur, was entoesiasme nie eers meetbaar nie. Hy het om die blok gaan ry, en meer geïrriteerd as gelukkig gelyk toe hy uitklim. Dalk was dit omdat mens nie maklik in en uit kan klim nie.

Onsuksesvol

Die Locost slaag toe nie sy padwaardigheidstoets nie. Die handrem moet gestel word, die nommerplate moet duidelik agter én voor aangebring word, die voetpedale moet rubber op kry, daar moet ʼn voorruit wees en ook moet daar ʼn liggie wees wat skyn op die agterste nommerplaat.

Laastens het hy gesê dat die motor ‘te laag is’. Ek vra hom toe of daar wetgewing is teen ʼn motor wat te laag op die pad is, of dalk ʼn minimum hoogte wat ʼn motor moet wees. Sy antwoord was nee.

Dis nie al nie

Nie ʼn positiewe dag nie, en die entoesiasme vir die Locost het weer gedaal. Op pad terug werk toe terwyl ek op die N2 in die vinnige baan ry, voel ek eweskielik die petrolpedaal val plat. Gelukkig het presies dieselfde al met ons 1977 Volkswagen Kombi ‘n jaar of twee gelede gebeur en ek sit dadelik my noodligte aan en beweeg na die geelbaan en skakel die motor af. Gelukkig onder ʼn brug, hoewel dit net ʼn aantal meter van ʼn afdraai was.

Na ʼn oproep werk toe, ʼn 3-ton kabel wat dadelik geskeur het, het ons ʼn insleepdiens gebel en die Locost is terug in die motorhuis.

ʼn Proses wat ons gedink is slegs ʼn paar dae van klaar, het sopas weer ʼn maand of twee geword. Ons gaan die probleme regstel en sal dan weer verder berig.


deel | digg | stuur aan |

Leser kommentaar: (0)
Locost
Sterkte. Ek hou van die motor. Wag vir eind resultaat en toetse
Bygevoeg deur: Fanie  op 2010/07/21
 
Kommentaar-opskrif:
Kommentaar:
Naam:
Tik asseblief die kode hier onder in die blokkie langsaan:


 
Advertensie:
Meeste kommentaar gelewer
- Ry-indruk: Volkswagen Amarok in Argentinië
kommentaar(21)
- George motorklub ovaalbaanwedrenne.
kommentaar(14)
- Glyende opwinding in George
kommentaar(9)
- Volkswagen Amarok, eerste offisiële foto’s
kommentaar(8)

Soortgelyke Blogs
- WIEL se Locost is terug en geregistreer!
Kommentaar (3)
- Frustrerend is nie die woord nie
Kommentaar (0)
- WIEL se Locost is klaar!
Kommentaar (4)
- Amper klaar!
Kommentaar (0)
- Stop die koppelaar!
Kommentaar (0)
| kontak ons | adverteer | privaatheidsbeleid | terme van gebruik | kopiereg | webtuisteverkeer |
Kopiereg 2009. Alle regte voorbehou.
ONTWERP, ONTWIKKEL, ONDERHOU EN AANGEBIED DEUR RAMSAYMEDIA DIGITALE PUBLIKASIES, 'N AFDELING VAN RAMSAYMEDIA.
DMMA logo