Click here!
In die nuutste WIEL:  
Teken in vir ons gratis weeklikse nuusbrief!
Jou epos-adres:
Latest Cover
 
Latest Cover
 
click here!
click here!
2009 Motorsport-kalender
 
 
click here!
Besoek die vervaardigers:
Alfa Romeo
Aston Martin
Audi

Bentley
BMW
Cadillac
Caterham
Chana
Cherry
Chevrolet
Chrysler
Citroën
Daihatsu
Dodge
Ferrari
Fiat
Ford
Foton
Gonow
GWM
Hafei
Honda
Hummer
Hyundai
Isuzu
Jaguar
Jeep
Kia
Lamborghini
Land Rover
Lexus
Lotus
Mahindra
Maserati
Mazda
Mercedes-Benz
Mini
Mitsubishi
Nissan
Opel
Peugeot
Porsche
Proton
Renault
Rolls-Royce
Saab
Smart
Ssangyong
Subaru
Suzuki
Tata
Toyota
Volkswagen
Volvo
 

 

17 November 2009
WIEL se Locost is klaar!
kommentaar: 4



Na byna twee jaar se werk kon ons die knoppie druk en die Locost vir sy eerste proeflopie neem...

Stadige begin

Dit is maar ‘n frustrerende besigheid, om ʼn enjin eers te laat inloop. Maar dit is nou hoe ons die Locost vir eers moet bestuur. Ons laat loop hom nie nou bo 6 000 r/min nie, en meestal wissel ons maar ratte tussen 4 000 r/min en 5 000 r/min. Dit is wel heerlik om na al die afwagting mens valhelm op te sit, die viergordel-harnes vas te kliek en die knoppie te druk wat die enjin aanskakel. Om so na aan die pad te sit bring ook talle ander ervaringe vir die bestuurder.

Verbeteringe

Daar was talle dingetjies wat aangepas en verander moes word voordat ons die motor op die pad kon neem. Die stuurwiel is sowat 120 mm nader aan die bestuurder gebring deur ‘n verlenging in te bou en die voetpedale is reg opgestel. Verder is die rathefboom ook nader aan die bestuurder geskuif. Die effek van hierdie twee verskuiwings is dat die bestuursposie nou basies perfek is.

Ure voordat ons die motor by Craig Harper (eienaar van Harper Sportscars, wat die Locost voltooi het nadat ons voormalige tegniese redakteur die grootste deel van die werk gedoen het) gaan optel het, het een van die oliepype gebars. Dit blyk toe dat die druk wat die pype kan hanteer slegs 3 bar is, terwyl die Locost byna 6 bar druk op die stelsel sit. Beter pype is gekoop en al die oliepype is vervang. ‘n Versterking is ook op die voorste modderskermings ingebou.

Sagteware

Die volgende stappie was om die programmering van die enjin reg te kry. ‘n Basiese map is opgelaai en die Locost loop nou goed, behalwe vir ‘n area net bo luier wat hy sukkel. Sodra die Locost deur die hele lisensiëring en registrasie proses is (hierdie woorde is nou al vloekwoorde in die kantoor as gevolg van die patetiese stelsel en hulp van die Polisie en Verkeersdepartement) gaan ons die Locost op ‘n rollende pad plaas en sorg dat die kundiges alles regstel en ook kyk hoeveel kilowatt en newtonmeter die enjin lewer.

Battery

Vir beter massaverspreiding is die battery lekker laag in die onderstel geplaas. Dit gaan wel bitter moeilik wees om hom uit te haal as iets so fout gaan, maar vir nou gaan die Locost gereeld loop en ons wil in ieder geval in die toekoms die huidige battery met ʼn kleiner een vervang.

*Daar was ‘n lang stilte oor WIEL se projek motor, maar kyk nou uit vir gereelde nuus.

*Lees ‘n meer volledige artikel in die Januarie uitgawe van WIEL.


deel | digg | stuur aan |

Leser kommentaar: (0)
Op datum hou
Ig,kyk maar binnekort weer hier, ons gaan volgende week weer probeer om die proses af te handel. Sal weer op die webwerf 'n storie plaas.
Bygevoeg deur: WIEL  op 2009/11/19
Lisensiering
Ja, sterkte met die lisensiering. Ek sal ook nog daar moet deur, maar ek weet almal kla. As hulle net so goed soos SARS was om ons geld baie vinnig te kan vat en alles in plek te he om dit te kan doen, was dit seker nie 'n probleem nie.
Bygevoeg deur: Ig  op 2009/11/18
Planne
Bosbeer, ons sal maar moet sien volgende jaar, vir nou is daar eers talle dinge wat gedoen moet word, maar wie weet, dalk wel. Ons beplan om verseker die Locost na 'hillclimb' of twee te neem. Stuur gerus bietjie foto's van jou Locost na wl@ramsaymedia.co.za.
Bygevoeg deur: WIEL  op 2009/11/18
Awesome!
Dis baie cool om te sien dat julle n Locost gebou het, eks tans besig met my eie een. Gaan julle jaag met die Locost? Of net vir die show ry?
Bygevoeg deur: Bosbeer  op 2009/11/17
 
Kommentaar-opskrif:
Kommentaar:
Naam:
Tik asseblief die kode hier onder in die blokkie langsaan:


 
Advertensie:
Meeste kommentaar gelewer
- Ry-indruk: Volkswagen Amarok in Argentinië
kommentaar(21)
- George motorklub ovaalbaanwedrenne.
kommentaar(14)
- Glyende opwinding in George
kommentaar(9)
- Volkswagen Amarok, eerste offisiële foto’s
kommentaar(8)

Soortgelyke Blogs
- WIEL se Locost is terug en geregistreer!
Kommentaar (3)
- Een stappie vorentoe, twee stappies terug
Kommentaar (1)
- Frustrerend is nie die woord nie
Kommentaar (0)
- Amper klaar!
Kommentaar (0)
- Stop die koppelaar!
Kommentaar (0)
| kontak ons | adverteer | privaatheidsbeleid | terme van gebruik | kopiereg | webtuisteverkeer |
Kopiereg 2009. Alle regte voorbehou.
ONTWERP, ONTWIKKEL, ONDERHOU EN AANGEBIED DEUR RAMSAYMEDIA DIGITALE PUBLIKASIES, 'N AFDELING VAN RAMSAYMEDIA.
DMMA logo