Dit was veronderstel om eenvoudig te wees. Die motorvoertuigregistrasie en lisensiëringdepartement sou my laat weet wanneer die Locost op die nasionalestelsel gelaai is, dan kan ek die R.P.C.-vorm gaan optel. Al wat dan oorbly is die ʼn finale besoek aan die polisie en ʼn padwaardigheidstoets. Dit was nie die geval nie.
Nee, die enjin is nie weer uit nie (nog nie in elk geval). Die eerste foto is slegs hier as deel van die verduideliking van hoekom ‘n verstelbare stop vir die koppelaarpedaal nodig is. Iets wat ek amper te laat agtergekom het.
Soos ons in die tydskrif belowe het ons Locost vroeg in April vir die eerste keer onder eie stoom in die straat op gery. Dit was egter nie onder ideale omstandighede nie, aangesien ek het ‘n paar kortpaaie gevat omdat ek nie langer kon wag nie.
Die ietwat uit fokus foto hierbo, is die bewys dat ons Locost renmotor se enjin uiteindelik gevat het en teen konstante omwentelinge (700 r/min) geloop het totdat dit afgeskakel is.
Moenie bekommer nie, ons het darem al verder gevorder as op hierdie foto's. Die proses van die foto's oordra na die nuwe webtuiste is egter nog aan die gang. Kom asseblief gou terug vir die nuutste.