Click here!
In die nuutste WIEL:  
Teken in vir ons
gratis weeklikse
nuusbrief!
Jou epos-adres:*
Latest Cover
 
Latest Cover
ATKV Vakansie Oorde
 
click here!
click here!
2010 Motorsport-kalender
click here!
 
motor verkope
 
 
click here!
 
 
Besoek die vervaardigers:
Alfa Romeo
Aston Martin
Audi

Bentley
BMW
Cadillac
Caterham
Chana
Cherry
Chevrolet
Chrysler
Citroën
Daihatsu
Dodge
Ferrari
Fiat
Ford
Foton
Gonow
GWM
Hafei
Honda
Hummer
Hyundai
Isuzu
Jaguar
Jeep
Kia
Lamborghini
Land Rover
Lexus
Lotus
Mahindra
Maserati
Mazda
Mercedes-Benz
Mini
Mitsubishi
Nissan
Opel
Peugeot
Porsche
Proton
Renault
Rolls-Royce
Saab
Smart
Ssangyong
Subaru
Suzuki
Tata
Toyota
Volkswagen
Volvo
 

 

11 Maart 2010
Ry-indruk: Jaguar XJ, ons berig uit Frankryk (video)
kommentaar: 2



Jaguar het sy salvo in die grootmotor-weeldemark gevuur met die bekenstelling in Frankryk van die vlagskip XJ.

Weelde

In Frankryk was dit vir die duur van my besoek vrek koud, met die temperatuur buite wat deurentyd rondom 0º C gehang het – soms +1 of +2º, te dikwels -1º of so, boonop met ʼn fris briesie daarby, maar binne die XJ was dit danksy verhitte sitplekke en ʼn uitsonderlike ventilasiestelsel besonder knus en gerieflik. ʼn Weeldemotor op sy beste.

Ek het my in Parys bevind, meer spesifiek in die buitewyke by die paleise van Versailles, ʼn heel gepaste agtergrond vir die onthulling van wat vir Jaguar ʼn bitter belangrike motor is – die jongste model om die nuwe Jaguar-identiteit aan te neem ná die XK en XF (ʼn klein sport-koepee volg binnekort) en een wat sy merk moet maak teen die Mercedes S-Klas, BMW 7-Reeks, Audi A8 en Lexus LS.

’n Nuwe blaadjie

Wat onmiddellik opval is hoe anders die XJ is gemeet aan die ander – sy slanke koepee-vorm, nee, byna luikrug-voorkoms, die moderne maar reeds klassieke ontwerp, die ouskool Engelse hout-leer-en-chroom retro-binneruim wat hoogtegnologiese interfases verskuil, en natuurlik sy verrigting, altyd ʼn hoeksteen van Jaguar.

Luister na Ian Callum, hoof van die Jaguar se ontwerp-afdeling, wat oplet dat proporsie en skaal die sleutel tot elke Jaguar se ontwerp is. “Jaguars moet soos sportmotors lyk,” was sy woorde, en die XJ is inderdaad ʼn lange, slanke en elegante motor. Hy lyk nouer as wat hy is en ewenaar maklik die imposante teenwoordigheid van enige van sy Duitse mededingers. Die lengte laat hom dinamies en sportief vertoon.

Die enkel belangrikste ontwerplyn is die chroom-ovaal wat die kantruite omvou, met die swart C-pilaar wat dit moet laat lyk of die dak dryf om te voorkom dat die agterkant te swaar vertoon en om die verdonkerde agterruit by die kante te laat aansluit. Wat my betref is hierdie egter die mins geslaagde deel van die ontwerp. Die XJ sou beter vertoon met bakkleur C-pilaar...

Voor oorheers die versonke sierrooster – Callum wou hê die voorkant moet die meeste impak maak. Die kragbult op die enjinkap is ontleen van Jaguar van ouds.

Callum beskyf die XJ is ʼn sportmotor geklee in ʼn weeldebak (“as jy in die XJ sit, moet dit voel of jy in ʼn sportmotor sit”). Ek stem nie saam nie en interpreteer die motor juis andersom – ʼn weeldemotor binne met ʼn sportiewe persona in sy stilering en natuurlik verrigting, steeds onmiskenbaar Jaguar gesien sy ouskool eksekusie. Seker ses van een en ʼn halfdosyn van ʼn ander?

Te veel?

Ek kan egter nie anders nie as om te dink Callum en sy span het te hard probeer. Kyk na die buitekant, byvoorbeeld. Op geen plek op die motor behalwe baie subtiel op die voorste modderskerm kom die woord “Jaguar” voor nie. Op die kattebak is slegs die Luiperd-embleem. Maar klim in en jy staar teen “Jaguar” vas in insetsels in die agterdeure se bekleding en ʼn plaatjie reg in die middel onder die voorruit, so asof insittendes deurentyd herinner moet word in watse motor hulle hul bevind. Was Callum bekommerd die binneruim lyk te veel soos enige ander, dat dit geen identiteit het nie? Hy hoef geensins bekommerd te gewees het nie, want wat my betref kan die XJ met niks anders verwar word nie.

Van voor gesien is daar dieselfde aantreklike lyne van die XF, van agter ʼn hele nuwe interpretasie van katkloue wat met behulp van die ligte in die bak van die motor na bo ingetrek is. Callum: “ ʼn Ontwerper moet altyd iets kontroversieel nalaat”. (Vir BMW se Chris Bangle het dit met die vorige 5-Reeks in die hakskeen gebyt). Op foto’s lyk dit of dit glad nie kan werk nie, esteties onaantreklik, maar in die metaal vind dit dadelik aanklank. In die aand is dit ʼn lig-skouspel.

Die XJ onderskei hom op ander gebiede. Die eenheidsbak is van aluminium, 11% ligter as sy voorganger en uiters stewig. Dit ry op ʼn stelsel van elektroniese dempers wat 500 keer per sekonde sy werk doen om die bakrol en hantering net reg te hou. Dis net jammer dat ritgehalte effe teleurstel, dalk weens die groot wiele (20 duim, wat steeds lyk of dit wegraak in die wielboë) en dun rubber.

Binneruim

Die binneruim volg die ontwerp-tema van die XF en XK, maar vertoon heel anders deurdat dit verder gevoer raak met die gebruik van heelwat chroom-beslag (bietjie te veel, wat my betref) op elke denkbare oppervlak. Inteendeel, binne word nege verskillende materiale in die afwerking gebruik. Hieroor sê Callum (met verwysing na die XJ se buitekant): “Tot nou toe was ons nie baie avontuurlustig nie, daarom kon ons binne bietjie eksperimenteer.” Mmm...

Dit onderskryf die ouskool retro-gevoel wat daarmee gevestig wou word, in skerp kontras met die TFT-raakskerm met sy eenvoudige, intuïtiewe gebruiksfunksies wat ʼn swetterjoel ander kontroles en knoppies op die middelkonsole onnodig maak. Ook die instrumente is grafies – geen naalde meer hier nie – met etlike opsies moontlik om die inligting wat daarop uitgespeel word na gebruiksbehoeftes aan te pas. Die stuurwiel het ook verskeie hulpfunksies en het my aan ʼn Playstation-kontrole laat dink.

Enjins

Die Suid-Afrikaanse mark kry die standaard-XJ- en langas- XJ L-modelle met die keuse van 202 kW/600 Nm 3,0 liter V6 dubbelturbo-diesel, 283 kW/380 Nm 5,0 V8 petrol en twee weergawes van die druk-aangejaagde 5,0 V8 petrol – een met 346 kW/575 Nm en een met 375 kW/625 Nm kraglewering bekend as die Supersport.

Krag word deur ʼn sesgang outokas oorgedra, en alle motors het spaanwissel-beheer agter die stuurwiel (soos op die XF). Glo dit of nie, die L-weergawes is net 18 kg swaarder as die gewone XJ, en beenruimte agter is in een woord, enorm. Beenruimte selfs in die standaard-XJ is aansienlik.

My uiteindelike opsomming van die XJ is dat dit (nog nie) ʼn Mercedes S-Klas is nie, die ongetwyfelde heerser in hierdie segment. Hy kom wel met als wat oop- en toemaak, ʼn uitsonderlike gevoel van gehalte, en die verrigting is uit die boonste rakke (Jaguar se leuse: “Great to be driven in; better to drive”.)

Pryse

XJ-pryse vir die duur van 2010 is as volg:

• XJ 3,0 V6 Diesel Premium Luxury (R920 000)

• XJ 5,0 V8 Premium Luxury (R1 100 000)

• XJ 3,0 V6 Diesel Portfolio (R1 055 000)

• XJ 5,0 V8 Supercharged (346 kW) Portfolio (R1 350 000)

• XJ 5,0 V8 Supercharged (375 kW) Supersport (R1 525 000)

• XJ L 5,0 V8 Supercharged (375 kW) Supersport )R1 590 000)

Ons publiseer ʼn volledige verslag oor die XJ in die Mei-uitgawe van WIEL. Vir onmiddellike tegniese besonderhede oor die motor, besoek Jaguar se handelaars-webstuiste. – FR


deel | digg | stuur aan |

Leser kommentaar: (2)
Toekoms lyk goed
As jy na Jaguar se huidige modelle en die nuwe XJ kyk, lyk die toekoms (ten minste uit my oogpunt) baie goed. Tata sou nie so baie geld investeer op die ontwikkeling van 'n heel nuwe motor as hy nie gedink het dat dit 'n slegte 'investment' sou wees nie. Ek verkies eerder 'n Jag met karakter as 'n vervelige duitser. Go JAG!
Bygevoeg deur: Stig  op 2010/03/12
Die Toekoms?
Voor ek eens besluit of ek van die motor hou en dit graag sou wou besit, sou ek sekerheid wou he oor wat Tata op die lang duut met hom gaan maak.
Bygevoeg deur: André  op 2010/03/12
 
Kommentaar-opskrif:
Kommentaar:
Naam:
Tik asseblief die kode hier onder in die blokkie langsaan:


 
Advertensie:
Meeste kommentaar gelewer
- Ry-indruk: Volkswagen Amarok in Argentinië
kommentaar(21)
- George motorklub ovaalbaanwedrenne.
kommentaar(14)
- Glyende opwinding in George
kommentaar(9)
- Volkswagen Amarok, eerste offisiële foto’s
kommentaar(8)

Soortgelyke Blogs
- Ry-indruk: Jaguar se 3de ratse kat kom weer (video)
Kommentaar (0)
- Ry-indruk: Audi A8
Kommentaar (0)
- Videoblog: Jaguar XF S
Kommentaar (0)
- Jaguar se XKR GT-renmotor
Kommentaar (0)
- Ons bestuur nuwe E 63 AMG
Kommentaar (0)
| kontak ons | adverteer | privaatheidsbeleid | terme van gebruik | kopiereg | webtuisteverkeer |
Kopiereg 2009. Alle regte voorbehou.
ONTWERP, ONTWIKKEL, ONDERHOU EN AANGEBIED DEUR RAMSAYMEDIA DIGITALE PUBLIKASIES, 'N AFDELING VAN RAMSAYMEDIA.
DMMA logo