Click here!
In die nuutste WIEL:  
Teken in vir ons
gratis weeklikse
nuusbrief!
Jou epos-adres:*
Latest Cover
 
Latest Cover
ATKV Vakansie Oorde
 
click here!
click here!
2010 Motorsport-kalender
click here!
 
motor verkope
 
 
click here!
 
 
Besoek die vervaardigers:
Alfa Romeo
Aston Martin
Audi

Bentley
BMW
Cadillac
Caterham
Chana
Cherry
Chevrolet
Chrysler
Citroën
Daihatsu
Dodge
Ferrari
Fiat
Ford
Foton
Gonow
GWM
Hafei
Honda
Hummer
Hyundai
Isuzu
Jaguar
Jeep
Kia
Lamborghini
Land Rover
Lexus
Lotus
Mahindra
Maserati
Mazda
Mercedes-Benz
Mini
Mitsubishi
Nissan
Opel
Peugeot
Porsche
Proton
Renault
Rolls-Royce
Saab
Smart
Ssangyong
Subaru
Suzuki
Tata
Toyota
Volkswagen
Volvo
 

 

10 Maart 2010
Ligste (beste?) Gallardo nóg
kommentaar: 0



Lamborghini hou daarvan om hul motors te neem en nóg opwindender te maak deur dit onnodige massa te stroop.

Die nuwe Superleggera is juis ʼn bewys van hierdie stelling. Om mee te begin het die ontwerpers en ingenieurs 70 kg verwyder vanuit die gewone LP 560-4. Om dit reg te kry is daar op talle plekke, binne en buite, van koolstofvesel gebruik gemaak en wanneer dit nie moontlik was nie het hulle ander maniere gevind.

Watter materiale?

Die agterruit van die kajuit en die venster bo die enjin, wat toeskouers die geleentheid gee om die enjin te sien wat soos ʼn stuk kuns uitstal geword, is van polikarbonaat gemaak. Die sitplekke en binneruim is grootliks met alcantara leer oorgetrek, wat terselfdertyd ook die binneruim meer rengerig laat vertoon. Die sitplekke is koolstofvesel, en die middelste konsole om die e-gear-knoppies is ook omring met koolstofvesel. Tot selfs die moere van die wiele is uit ligte titanium gemaak om massa te bespaar.

Gepraat van die wiele. Die 19 duim-wiele is uit gesmede aluminium vervaardig terwyl Pirelli P Zero Corsa rubber die nodige greep sal bied. Van die totale 70 kg massabesparing is 40 kg slegs deur die gebruik van koolstofvesel. Die massa van die Superlegerra, sonder enige vloeistowwe, is nou slegs 1340 kilogram. Nie net is dit tans die ligste model wat Lamborghini bied nie, maar dit is ook sowat 90 kg ligter as die vorige Superleggera wat WIEL in September 2008 getoets het. Neem wel in ag dat ons, ons motors weeg met ʼn vol tenk petrol. Steeds, dit is ʼn goeie 90 – 100 kg ligter as die vorige Superleggera.

Ontwerp

Die nuwe Superleggera beskik oor talle ontwerp aspekte om by die supermotor te pas en te help om hom vinniger en meer stabiel te maak. Die voorste buffer was spesiaal ontwerp in ʼn windtonnel om beter lug vlooi te verseker. Die voorste buffer is ook op die Murciélago LP 670-4 Super Veloce se buffer gebaseer en gee die Superleggera ʼn skerper drie dimensionele nuus, die swart dele van die buffer staan sterk uit teen die bakkleur (in die geval van die foto’s ʼn helder lemmetjie groen!) en veroorsaak dat die Lamborghini meer doelgerig en aggressiewer as te vore lyk. Agter is daar ʼn vlerk wat identies vertoon aan die vorige Superleggera, maar as dit volgens jou smaak dalk net te klein is, kan ʼn groter een bestel word.

Verrigting

In die Gallardo LP 570-4 Superleggera, verwys die getal 4 na die alwielaandrywing, hoewel dit op ʼn 30:70-basis verdeel word tussen die voor en agter wiele. Massaverspreiding is 43:57 tussen die voorste en agterste asse. Die curriculum vitae van die 5,2 liter V10-enjin bestaan nou uit 419 kW wat beskikbaar is teen 8 000 r/min. Teen 6 500 r/min word die 540 Nm opgewek.

Volgens Lamborghini is dit genoeg op die motor tot 100 km/h te laat versnel in slegs 3,4 sekondes en sal 200 km/h in slegs 10,2 sekondes bereik word. Topsnelheid is 325 km/h, sowat 10 km/h hoër as die vorige model.

Om die motor weer tot stilstand te bring is daar aluminium knypers voor en agter. As opsie bied Lamborghini ook koolstof-keramiek remme. Handig as jy dink jy gaan gereeld ʼn draai by die renbaan maak.

Petrolverbruik

Deesdae sal dit net onaanvaarbaar wees om ʼn nuwe motor beskikbaar te stel wat nie ligter op brandstof is as sy voorganger nie. Met die hulp van direkte petrol-inspuiting gebruik die Superleggera slegs 13,5 liter per 100 km op die Europese gekombineerde siklus.

Soos mens sal verwag met hierdie motor is daar verskillende stellings vir die ratkas, afhangende van hoef vinnig en hoe aggressief hy ratte moet wissel. Lamborghini se modelreeks het nog nooit van te vore soveel opwindende motors ingesluit nie.

Verwag ʼn prys van meer as R4 miljoen as die Superleggera later vanjaar plaaslik beskikbaar is.

*Ons sal binnekort skermagtergronde oplaai van die LP 570-4.


deel | digg | stuur aan |


 
Kommentaar-opskrif:
Kommentaar:
Naam:
Tik asseblief die kode hier onder in die blokkie langsaan:


 
Advertensie:
Meeste kommentaar gelewer
- Ry-indruk: Volkswagen Amarok in Argentinië
kommentaar(21)
- George motorklub ovaalbaanwedrenne.
kommentaar(14)
- Glyende opwinding in George
kommentaar(9)
- Volkswagen Amarok, eerste offisiële foto’s
kommentaar(8)

Soortgelyke Blogs
- Nuwe Lamborghini rekord
Kommentaar (0)
- Nuwe supermotor van Lee Noble, word plaaslik vervaardig
Kommentaar (2)
- Duurste Lamborghini nóg
Kommentaar (0)
- Video: Valentino Balboni beskryf nuwe Lamborghini
Kommentaar (0)
- Weer ‘n ware Lamborghini.
Kommentaar (0)
| kontak ons | adverteer | privaatheidsbeleid | terme van gebruik | kopiereg | webtuisteverkeer |
Kopiereg 2009. Alle regte voorbehou.
ONTWERP, ONTWIKKEL, ONDERHOU EN AANGEBIED DEUR RAMSAYMEDIA DIGITALE PUBLIKASIES, 'N AFDELING VAN RAMSAYMEDIA.
DMMA logo