Dit was die eerste tydtoets en skoukompetisie wat Johan Rupert se Franschhoek-motormuseum aangebied het. Toeskouers kon luister hoe ʼn McLaren F1 supermotor tot veteraanmotors klink terwyl hulle die tydtoets voltooi het.
Daar was nie net talle hoogtepunte nie, maar die rye van besondere motors sou enige motorentoesias opgewonde maak.
Hoogtepunte van die tydtoets:
• Toby Venter, uitvoerende hoof van Porsche Suid-Afrika het die vinnigste tyd opgestel met ʼn nuwe 997 (Merk 2) 911 Turbo van 1:57,46 sekondes.
• Johan Rupert het ʼn tyd van 2:05,07 met sy Mercedes-Benz CLK DTM AMG opgestel.
• ʼn GSM Dart, bestuur deur Andrew Sicker het ʼn tyd behaal van 2:06,01 sekondes.
• Fred Phillips het met ʼn 1964 LDS Formule 1-motor die roete in 2:19,03 sekondes voltooi.
• Deon de Waal het met ʼn 1919 Ford Model T Roadster ʼn tyd van 4:24,99 sekondes opgestel.
Volgende jaar gaan Franschhoek-motormuseum weer hierdie geleentheid aanbied met tien teen een meer deelnemers en weer ʼn interessante versameling motors.