Click here!
In die nuutste WIEL:  
Teken in vir ons
gratis weeklikse
nuusbrief!
Jou epos-adres:*
Latest Cover
 
Latest Cover
ATKV Vakansie Oorde
 
click here!
click here!
2010 Motorsport-kalender
click here!
 
motor verkope
 
 
click here!
 
 
Besoek die vervaardigers:
Alfa Romeo
Aston Martin
Audi

Bentley
BMW
Cadillac
Caterham
Chana
Cherry
Chevrolet
Chrysler
Citroën
Daihatsu
Dodge
Ferrari
Fiat
Ford
Foton
Gonow
GWM
Hafei
Honda
Hummer
Hyundai
Isuzu
Jaguar
Jeep
Kia
Lamborghini
Land Rover
Lexus
Lotus
Mahindra
Maserati
Mazda
Mercedes-Benz
Mini
Mitsubishi
Nissan
Opel
Peugeot
Porsche
Proton
Renault
Rolls-Royce
Saab
Smart
Ssangyong
Subaru
Suzuki
Tata
Toyota
Volkswagen
Volvo
 

 

8 Maart 2010
Ry-indruk: Hoe Figo is dit? Ons berig uit Indië
kommentaar: 1
WIEL se fotojoernalis ontvang gesigskuns in Indië. Dit was deel van die voorbereiding vir die toetsrit van die Ford Figo.



Dis ʼn snaakse gevoel om kalm en onspanend by die werk aan te kom, gewoonlik voel ek gefrustreerd en nog ʼn bietjie warm om die wange as ek by die werk in stap. Sien, ek, soos meeste van julle, haat verkeer met ʼn passie.

Verkeer

Ek haat die verkeer so baie dat ek weier om uit my woonstel uit te trek want ek is bang dat ek deur meer verkeer gaan moet ry van my nuwe plek af. Die rede hoekom ek die verkeer so haat is nie oor die tyd wat dit mors nie, maar meer oor die hoeveelheid bestuurders wat nie kan bestuur nie. Mense wat nie hulle flikkerligte gebruik nie laat skiet my bloeddruk die hoogstes in, en dan nog mense wat 40 km/h in ʼn 80 km/h-sone ry, mense wat wydsbeen oor twee bane ry, en mense wat amper doodstil stop voordat hulle ʼn draai vat en ergste van alles pes ek mense wat nog slaap agter die wiel op pad werk toe.

Vandag, was anders; vandag het ek vrede met alles gemaak, en voel nou vere oor die verkeer want verlede week het ek iets aansienlik erger ervaar.

Indië

Indië is ʼn ongelooflike mooi plek, nie in ʼn romantiese of landelike (die plekke wat ons besoek het) manier nie – nee, Indië is ʼn uitsonderlike mooi plek te danke aan die mense. Indiërs is ʼn nasie wat voorkom of hulle tevrede is, en aanvaar hul omgewing. Hulle leef in vrede en in van die slegste omstandighede wat ek nog gesien het. Gedurende my tyd in Indië het ek nie eenkeer soos ʼn indringer gevoel nie, geen oë het op my neergekyk nie. Die mense het my aanvaar met nuuskierige glimlagte, en ek het heel gemaklik gevoel in hierdie vreemde land… wel, ten minste tot ek die Indiese verkeer ervaar het in Ford se nuwe Figo (die Italiaanse woord vir cool).

Indië is bekend vir hulle deurmekaar verkeer en hier is daar eintlik net een reël vir die pad: Gebruik enige moontlike manier om jou bestemming te bereik.

Voor ons die pad kon vat was ons vriendelik versoek om ons toeter te gebruik as ons ʼn trok, bus of motor wil verbysteek – aangesien meeste motors nie meer hulle spieëltjies het nie. Toeter druk is vir ons eintlik ʼn vreemde ding, ons Suid Afrikaners gebruik dit baie min, so as jy bevel word om dit te gebruik kan dit eintlik baie prettig wees, veral as jy ʼn bietjie kreatief raak. Ongelukkig kan jy hoe kreatief wees, die trokke en busse se toeters blêr elke keer met hulle na-gemaakte deuntjies wat bah-la-la-la-la-la-la-la teen ʼn duisend desibels verby jou blaas.

Ons rit van Delhi, wat die grootste metropool in terme van oppervlakte in Indië is (ook die tweede grootste, met ʼn populasie van 15 miljoen), na Jaipur (ook die Pienk stad genoem) was slegs ʼn afstand van 250 km. Plaaslik is ons gewoond daaraan dat mens hierdie afstand binne twee ure kan aflê, in Indië het dit ons meer as ses ure geneem het.

Tydens hierdie lans ses ure het ons tussen busse, trokke, karre, mense, motorfietse, donkies, kamele en koeie gesny. As bestuurder moes jy wakker bly en die heeltyd konsentreer op die vyf of tien motorfietse wat om jou dans, en dan ook nog op die kameel karretjies, trokke en motorfietse wat in die verkeerde kant van die pad op jou af pyl, terwyl koeie om jou wakker word en in die pad in dwaal.

Sari’s en paneelborde

Na die ses vreesaanjaende en intensiewe lewensgevaarlike ure, het ons uiteindelik lewendig in Jaipur aangekom. Nadat ek weer my voete op moederaarde kon sit, het ek teruggekyk na die klein Ford Figo met nuwe oë. Die soliede ratkas, die lugverkoeling wat ons koel gehou het (wat beter werk as talle Duitse motors wat ons onlangs bestuur het) in die warm Indiese son. Die yuppie koraal paneelbord (sien foto) was ook smaakvol en het goed ingemeng met die helder kleure van die vrouens se sari’s wat die dor gedeeltes langs die pad ophelder.

Die stuurgevoel was lig wat die motor rats laat voel het, die sitplekke was te hard en die voorligte lyk soms bietjie te groot vir die Figo se gesig, maar tog het die hy die rit oorleef en dit was al wat hy hoef te gedoen het.

Die Figo is wel gebaseer op die vorige Fiesta, en jy kan dit sien. Maar aan die anderkant is daar soveel nuwe onderdele en ontwerpe (soos die ligte en paneelbord) bygevoeg dat die motor eintlik se eie identiteit het.

Die veerstelsel was uitstekend en het maklik oor die onplesierigste paaie bestuur. Die voorwiele, met die hulp van ʼn vyfgang handratkas, word aangedryf deur ʼn 1.4-liter turbodiesel-enjin (50 kW en 160 Nm) wat genoeg wringkrag het om klein gapings in die verkeer te benut. Die Ford Figo is ʼn aangename motor wat op ons (soms) rustiger paaie sal inpas, hoewel ons nie kan berig hoe hy bo 110 km/h sal voel nie, want daar was nooit die geleentheid om hom vinniger as hierdie snelheid te bestuur nie.

Wat word vir SA beplan?

Op hierdie stadium beplan Ford van Suid-Afrika om ʼn 1.4 Duratec petrol en ʼn 1.4 Duratorq TDCi plaaslik in Junie beskikbaar te stel. Die top dieselmodel sal sowat R130 000 kos. Ongelukkig kry ons nie die koraal paneelbord nie.

Net ʼn laaste punt, wees bly jy hoef nie vanoggend in die Indiese verkeer werk toe te gery het nie. – PO


deel | digg | stuur aan |

Leser kommentaar: (1)
Indie?
Lyk my Indie was interessanter as die motor. Ek hou nog steeds nie van Ford nie oor die maatskappy se ongenaakbare houding teenoor hul klante. Maar ek dink hulle produkte is omtrent die beste van die Amerikaanse vervaardigers.
Bygevoeg deur: André  op 2010/03/12
 
Kommentaar-opskrif:
Kommentaar:
Naam:
Tik asseblief die kode hier onder in die blokkie langsaan:


 
Advertensie:
Meeste kommentaar gelewer
- Ry-indruk: Volkswagen Amarok in Argentinië
kommentaar(21)
- George motorklub ovaalbaanwedrenne.
kommentaar(14)
- Glyende opwinding in George
kommentaar(9)
- Volkswagen Amarok, eerste offisiële foto’s
kommentaar(8)

Soortgelyke Blogs
- Focus RS hier, en weg
Kommentaar (0)
- Uiteindelik: Ford Focus RS plaaslik beskikbaar
Kommentaar (3)
- Sywaartse plesier
Kommentaar (0)
- Ford Focus RS binnekort hier
Kommentaar (0)
- Fiesta word Figo
Kommentaar (0)
| kontak ons | adverteer | privaatheidsbeleid | terme van gebruik | kopiereg | webtuisteverkeer |
Kopiereg 2009. Alle regte voorbehou.
ONTWERP, ONTWIKKEL, ONDERHOU EN AANGEBIED DEUR RAMSAYMEDIA DIGITALE PUBLIKASIES, 'N AFDELING VAN RAMSAYMEDIA.
DMMA logo