Click here!
In die nuutste WIEL:  
Teken in vir ons
gratis weeklikse
nuusbrief!
Jou epos-adres:*
Latest Cover
 
Latest Cover
ATKV Vakansie Oorde
 
click here!
click here!
2010 Motorsport-kalender
click here!
 
motor verkope
 
 
click here!
 
 
Besoek die vervaardigers:
Alfa Romeo
Aston Martin
Audi

Bentley
BMW
Cadillac
Caterham
Chana
Cherry
Chevrolet
Chrysler
Citroën
Daihatsu
Dodge
Ferrari
Fiat
Ford
Foton
Gonow
GWM
Hafei
Honda
Hummer
Hyundai
Isuzu
Jaguar
Jeep
Kia
Lamborghini
Land Rover
Lexus
Lotus
Mahindra
Maserati
Mazda
Mercedes-Benz
Mini
Mitsubishi
Nissan
Opel
Peugeot
Porsche
Proton
Renault
Rolls-Royce
Saab
Smart
Ssangyong
Subaru
Suzuki
Tata
Toyota
Volkswagen
Volvo
 

 

8 Maart 2010
Porsche verras met superhibried (video)
kommentaar: 0



As ʼn Porsche-persverklaring die volgende data in die eerste paragraaf saamvat, dan kan mens maar net begin wonder watse suksesverhaal hierdie motor gaan wees.

0-100 km in 3,2 sekondes, ʼn topsnelheid van 320 km/h en ʼn rondtetyd om die Nordschleife van die Nürburgring van 7:30 sekondes. Terloops, laasgenoemde is vinniger as die Carrera GT. Die kersie op die koek, veral as jy ʼn boomomhelser is, is die verbruiksyfer wat so laag as 3,0 liter per 100 km is.

Hoe dan nou?

Die Spyder het twee aandryfstelsels. Die eerste is twee elektriese motors, een op die voorste as en een op die agterste as, wat gelaai word deur dit by die muur in te prop en wanneer daar gerem word. Laasgenoemde manier kan weer help om addisionele krag te voorsien vir versnelling. Hierdie twee elektriese motors lewer al te saam 160 kW, maar dit is die tweede aandryfstelsel wat wys dat Porsche nooit hul erfenis sal vergeet nie, ʼn V8-enjin wat 373 kW lewer en ʼn enjinsnelheid van 9 200 r/min kan bereik.

Soos ook die geval met die talle van die huidige 911-reeks motors is (onder meer die GT3 en GT2) stam die enjin van een van Porsche se renmotors af. Die V8 in die 918 se oorsprong is van die 3,4 liter enjin wat in die RS Spyder-renmotor te vinde is. Vir so te sê perfekte gewigverspreiding is die enjin voor die agterste as geleë, dus, basies direkte agter die insittendes se ore.

Krag word na die wiele gestuur met behulp van Porsche se PDK-ratkas terwyl elke elektriese motors ook ingespan word om na die individuele aste krag te voorsien.

‘E’ vir elektrisiteit

Die bestuurder sal ʼn keuse hê tussen vier verskillende stellings. Die E-Drive-stelling sal slegs van die batterye gebruikmaak, hoewel die motor se reikafstand dan slegs 25 km sal wees.

In die hibried-stelling sal die motor van beide aandryfstelsel gebruik maak, om goeie verbruik te waarborg of om genoeg krag te voorsien. Die derde stelling is sport-hibried waar die fokus op verrigting sal wees en meeste van die krag na die agterwiele gestuur sal word. Laastens is daar die ren-hibried-stelling wat slegs op verrigting en dinamika fokus. Indien die battery voldoende gelaai is, kan die push-to-pass knoppie gedruk word wat addisionele krag sal voorsien as jy byvoorbeeld ʼn motor wil verbysteek.

Al hierdie aandryfstelsel help verseker nie om die massa van die motor laag te hou nie, maar Porsche het dit reggekry om die bak stewig en lig te hou met die gebruik van koolstofvesel-versterkte plastiek vir die onderstel en die gebruik van magnesium en aluminium. Die resultaat is ʼn totale massa van 1 490 kg, basies identies aan ʼn Carrera 4S.

Die ontwerp en vorm van die 918 is nie net daar om die motor goed en aggressief te laat lyk nie, maar ook funksioneel. Agter die passasiers se koppe is daar byvoorbeeld onderdele wat opskuif om sekere tye meer lug in die enjinkamer in te laat.

Hierdie is ʼn mylpaal konsepmotor vir Porsche en wys dat hoewel hulle sal aanhou om doelgerigte motors te vervaardig hulle ook die vermoë het om ʼn uitmuntende hibried-sportmotor te ontwikkel.


deel | digg | stuur aan |


 
Kommentaar-opskrif:
Kommentaar:
Naam:
Tik asseblief die kode hier onder in die blokkie langsaan:


 
Advertensie:
Meeste kommentaar gelewer
- Ry-indruk: Volkswagen Amarok in Argentinië
kommentaar(21)
- George motorklub ovaalbaanwedrenne.
kommentaar(14)
- Glyende opwinding in George
kommentaar(9)
- Volkswagen Amarok, eerste offisiële foto’s
kommentaar(8)

| kontak ons | adverteer | privaatheidsbeleid | terme van gebruik | kopiereg | webtuisteverkeer |
Kopiereg 2009. Alle regte voorbehou.
ONTWERP, ONTWIKKEL, ONDERHOU EN AANGEBIED DEUR RAMSAYMEDIA DIGITALE PUBLIKASIES, 'N AFDELING VAN RAMSAYMEDIA.
DMMA logo