Click here!
In die nuutste WIEL:  
Teken in vir ons
gratis weeklikse
nuusbrief!
Jou epos-adres:*
Latest Cover
 
Latest Cover
ATKV Vakansie Oorde
 
click here!
click here!
2010 Motorsport-kalender
click here!
 
motor verkope
 
 
click here!
 
 
Besoek die vervaardigers:
Alfa Romeo
Aston Martin
Audi

Bentley
BMW
Cadillac
Caterham
Chana
Cherry
Chevrolet
Chrysler
Citroën
Daihatsu
Dodge
Ferrari
Fiat
Ford
Foton
Gonow
GWM
Hafei
Honda
Hummer
Hyundai
Isuzu
Jaguar
Jeep
Kia
Lamborghini
Land Rover
Lexus
Lotus
Mahindra
Maserati
Mazda
Mercedes-Benz
Mini
Mitsubishi
Nissan
Opel
Peugeot
Porsche
Proton
Renault
Rolls-Royce
Saab
Smart
Ssangyong
Subaru
Suzuki
Tata
Toyota
Volkswagen
Volvo
 

 

20 Februarie 2010
Ry-indruk: Volkswagen Amarok in Argentinië
kommentaar: 21



Vergeet wat jy weet van bakkies. Vir geharde bakkie-liefhebbers wag daar ʼn openbaring wanneer Volkswagen sy eerste salvo in die bakkiemark vuur en die Amarok-dubbelkajuit van die derde kwartaal in 2010 in Suid-Afrika beskikbaar stel. Die Amarok sal gevestigde persepsies oor bougehalte, verrigting en vermoeë op sy kop keer.

voertuig in hierdie handelsklas, maar dis nie die eerste eenton-bakkie wat Volkswagen al gebied het nie. Anderhalf dekade gelede het Volkswagen van Duitsland saamgespan met Toyota om ʼn eentonner vir geselekteerde Europese marke te bied. Hy was die VW Taro, in wese ʼn Hilux waaraan niks verander is nie behalwe om die Toyota-embleem op die neus met die ronde VW-logo te vervang.

Die besluit

VW AG het oor die laaste jare kennis geneem van die groei in vraag na eenton-bakkies, beide enkel- en dubbel-kajuit, en besluit om iets daaraan te doen. Hierdie keer was hy op sy eie en is die Amarok geheel en al binnenshuis ontwikkel, maar met ingenieurs-insette van die belangrikste markte waar die Amarok verkoop sal word. Daarvan is Suid-Afrika die belangrikste enkele mark wat voorgenome volumes betref, en was Suid-Afrikaanse mening dus van groot belang.

Binneruim

Wat bougehalte en algemene aanvoelbare kwaliteit betref, is daar niks in die mark wat naby die Amarok kom nie. Waar Japannese, Chinese en Indiese bakkies oor akkers plastiek in hul kajuit en voorpanele beskik, lyk dit of die Amarok se voorpaneel, bekleedsel en knoppies en skakelaars net so uit ʼn nuwe Polo of Golf geneem is. Aandag aan detail is voortreflik, soos die kragsok reg in die middel bo-op die middelkonsole, net daar waar jy ‘n selfoon of GPS wil inprop. Dan is daar boonop nog een langs die rathefboom.

Oor honderde kilometer grondpaaie wat ons met ʼn dubbelkajuit afgelê het, was daar nie ʼn enkele kraakgeluidtjie waarneembaar nie en het die binneruim klank- en stofdig gebly. Dis soos om in ʼn Polo of Golf te ry – jy weet nie dis ʼn bakkie wat eintlik sy merk as handelsvoertuig moet maak nie.

Aandrywing

Verrigting is die een kontensieuse aangeleentheid waar VW se nuweling ter sprake is. Hy word aanvanklik bekend gestel slegs met ʼn 120 kW/400 Nm dubbelturbo 2,0 diesel gekoppel aan ʼn sesgang handrat (wat ook in die T5 Transporter gebruik word). Die draaimoment van 400 Nm is aansienlik en oorskadu die 343 Nm van die Hilux 3,0 D-4D en die 380 Nm van Ford en Mazda se 3,0 CRDi by verre (Isuzu KB300 D-TEQ = 360 Nm; Mitsubishi Triton 3,2DI-D = 343 Nm; Nissan Navara 2,5 dCi = 356 Nm), maar ons wonder of Suid-Afrikaners sal inkoop in die feit dat die Amarok oor “slegs” ʼn 2,0 beskik terwyl die norm in die ontspanningsmark ʼn 3,0 is?

Volkswagen se argument met die ontwikkeling van die 2,0 is ʼn groen een – die vervaardiger wil toon dat hy meer krag as mededingers uit ʼn kleiner verplasing kan tap, en gevolglik aansienlike besparings op die gebied van verbruik en emissies kan bied. Met ʼn amptelike verbruik van 7,5 liter/100 km en ʼn tenkgrootte van 80 liter is ʼn reikafstand van 1 000 km teoreties moontlik.

Met die bekendstelling van die Amarok in Argentinië – waar die bakkie vir uitvoer gebou word – het ons groepie Suid-Afrikaners dit duidelik gemaak dat die enjin se verplasingsinhoud dalk meer van ʼn hindernis as hulp kan wees. VW beskik tog oor manjifieke 3,0 TDI’s wat ook ingespan kan word. Ons verwag dat dit inderdaad oor ʼn jaar of twee kan gebeur... Vroeg in 2011 word ʼn 118 kW/300 Nm 2,0 TSI petrol-enjin ook by die reeks gevoeg vir gebruik in modelle slegs met 4x2-drywing.

Omrede sy 120 kW en 400 Nm (laasgenoemde gelewer tussen 1 500 en 2 000 r/min), het die bakkie redelike stoom en trekkrag by snelhede onder 120 km/h, maar bokant hierdie padsnelheid klim die enjin se snelheid na hoër as die band waar sy optimum draaimoment gelewer word en sou ʼn mens graag ʼn makliker verbysteekaksie hê. Ons dink ook ʼn 3,0 TDI sal van die Amarok ʼn beter sleepvoertuig maak (hy kan reeds 2,8 ton sleep), maar met dit als gesê: die 2,0 TDI is heel plooibaar en kragtig genoeg vir meeste ry-omstandighede.

In die veld

Waar die Aamarok die meeste verbaas het was met sy tegniese bekwaamheid in die veld. Lae strek word elektronies gekies. Daar is ook elektroniese wegtrekhulp teen heuwels (Hill Hold), ewenaarslot en ‘n Downhill Assist dryf-program om die ESP-stelsel (die eerste in ‘n bakkie vir Suid-Afrika) en ABS vir veldry aan te pas. Om die waarheid te sê, die Amarok se tegniese vermoë kan gelyk gestel word aan dié van ʼn Land Rover toegerus met Terrain Response, dus moet dit duidelik wees dat enige ander eentonner in die mark kan gaan slaap. Hy is eenvoudig onstuitbaar in die veld en stel van meet af die nuwe standaard in die segment. Jy moet dit ervaar om te waardeer. (Ons hét vooraf gewaarsku om alle gevestigde oordele oor bakkies te vergeet...)

Toerusting

Met die dubbelkajuit teiken VW hoofsaaklik die ontspanningsmark, gesien die vlak van weelde en gerief wat die bakkie bied met drie afwerkingskeuses – intree-Trend, middelvlak-Comfortline en hoëvlak-Highline – en twee dryfkonfigurasies: 4x2 en 4x4 met lae strek en elektroniese hulpmiddels. Daar is lugsakke voor en aan die sykant en als wat oop en toemaak, en boonop lyk dit aantreklik, al ry die bakkie – soos alle ander – op ‘n leerraam-onderstel met oudmodiese bladvere agter.

Hy bied die wydste laaibak in sy klas en – belangrik vir my – is dat die agterbank ordentlike sitgerief bied met genoeg steun onder die bobene (gewoonlik is die agtersitplek in ʼn dubbelkajuit maar klein).

Die Amarok is aanvanklik as dubbel-kajuit beskikbaar, met ʼn enkelkajuit-werkesel wat vroeg in 2011 volg. – FR

*Die plaaslike bekendstelling van die Amarok sal in die nabye toekoms geskiet, ons het onlangs ʼn toetsvoertuig by Gerotek in Gauteng gewaar.


deel | digg | stuur aan |

Leser kommentaar: (21)
VW
Ek wil net sê - dit bly 'n VW en ek wag dus net vir wanneer hy breek!
Bygevoeg deur: Nerine  op 2010/08/24
AMAROK LEERRAAM-ONDERSTEL
EK SIEN HIER IS VAN DIE BRIEF SKRYWERS WAT DUIDELIK NIE BAIE MEGANIESE KENNIS VAN BAKKIES HET NIE. BY TWEE BRIEWE PRAAT DIE MANNE VAN DIE AMAROK WAT 'N HILUX ONDERSTEL HET. WAAR HET HULLE DIT GELEES? VIR JULLE INLIGTING, HET ALLE 1 TON EN GROTER BAKKIES, TOT VRAGMOTORS LEERRAAM-ONDERSTELLE, SO EK WEET NIE HOEKOM JULLE DINK DAT NET DIE HILUX EN AMAROK LEERRAAM-ONDERSTELLE HET NIE. BESLIS HET DIE AMAROK NIE 'N HILUX ONDERSTEL NIE, MAAR SEKERLIK EEN WAT DEUR VOLKSWAGEN SELF ONTWERP IS. EK HET DIE ARTIKEL 'N PAAR KEER DEURGELEES, EN KON NERENS VIND DAT DAAR VAN 'N HILUX ONDERSTEL VIR DIE AMAROK GEPRAAT WORD NIE.
Bygevoeg deur: OZAKI  op 2010/08/09
Hilux teenvoeter
Dis hoog tyd dat Hilux 'n pakslae kry vanauit die VW-kamp. Ek sal die geveg tussen Hilux en Amarok goed dophou. Ja hier kom beslis 'n ding...
Bygevoeg deur: Smittie  op 2010/08/08
Verkeerde naam
Ek stem saam met JIMMI...hulle kon die bakkie 'n beter naam gegee het! Die naam AMAROK klink soos 'n plattelandse klere winkel.
Bygevoeg deur: Anoniem  op 2010/07/29
amarok ja
Bring hom bosveld toe ons sal sien hoelank hy gaan hou op die plaas en die grondpaaie ek dink hy moet in die dorp bly (HILUX COUNTRY)
Bygevoeg deur: Hendrik  op 2010/07/07
Agter ruit
Weet iemand of mens die agter ruit enigsins kan oopmaak?
Bygevoeg deur: G  op 2010/07/01
Verseker amok
Ek het die nuwe Amarok op Gerotek gesien tydens toetse - manne, wees net geduldig!! Hier kom 'n ding...
Bygevoeg deur: Jay x 2  op 2010/06/24
wag in spanning
ek was nog altyd n VW liefhebber, maar het die laaste 9 jaar Nissen gery. Gaan hom defnitief toets
Bygevoeg deur: Bart Vosloo  op 2010/05/11
'n Opinie van jou eie!
Aan al die Hilux bende lede. Ontspan, die Amarok is duidelik in 'n klas van sy eie!. Dit beteken ook nie die Hilux is nie 'n goeie voertuig nie. Sedert wanneer het Hilux 'n alleen reg op 'n leerraam onderstel? Dit lyk vir my die druk is op nou dat daar 'n duidelike oposisie vir die Hilux op die horison verskyn het. Hou dop VW Amarok beplan om teen die einde van die seisoen reeds te begin deelneem aan die ABSA Off-Road veldrenne.
Bygevoeg deur: Charles  op 2010/04/16
Enlekajuit
Ek ry 'n enkelkajuitbakkie vir die groot bak,maar hou van my gerief. Die Hilux 3 liter diesel 4 x 4 is vir my ideaa. Sal VW 'n mededinger vir die 4 x 4 E/K Raider uitbring?
Bygevoeg deur: Arnold Meyer  op 2010/04/01
Nee wat!
Nee wat, sal maar n Hilux ondersteuner bly maak nie saak wat nie. Ek is en was nog nooit n duitse motor aanhanger nie. Wat net snaaks is dat die Ama(k)rok n Hilux onderstel het, laat mens maar net wonder...
Bygevoeg deur: Rudolph  op 2010/03/29
Amok
Hou maar julle hiluxies dienuwe bakkie vir die volk het immers n hilux onderstel en indien hy moet gediens word moet ek 160 km ry na die naaste volkswagen handelaar dit sal die dag wees
Bygevoeg deur: Boetman  op 2010/03/11
WAT VIR N NAAM?
Wens die naam was net so aanloklik soos die bakkie se voorkoms,Amarok klink nie soos HiluX nie.
Bygevoeg deur: JIMMI  op 2010/03/06
VW
Ek is 100* n VW gusteling, en glo die Amarok sal die ander uitskop, Ek self ry al jare n FORD en nJEEP Cherokee EXTREME Sport en sal graag die AMAROK wil toets.
Bygevoeg deur: Willie van Eck  op 2010/03/03
VW
Ek is 100* n VW gusteling, en glo die Amarok sal die ander uitskop, Ek self ry al jare n FORD en nJEEP Cherokee EXTREME Sport en sal graag die AMAROK wil toets.
Bygevoeg deur: Willie van Eck  op 2010/03/03
Naverkoopdiens
Ja ek wonder net of sy onderhoud so duur sal wees soos bv die Audi motors en soos die Audi wat se probleme kan 'n mens verwag van al die goodies.Ry self 'n Audi en Hilux
Bygevoeg deur: Phillip Weyers  op 2010/03/01
Pryse
Marius, Volkswagen kon nog nie vir ons amptelike pryse verskaf nie, maar ons meen dat dit net-net onder Toyota se pryse sal wees.
Bygevoeg deur: WIEL  op 2010/02/24
Prys ??
Wat gaan die bakkie kos? Hoe gaan die prys vergelyk met die bakkies waarmee dit hier vergelyk word ? dit medi
Bygevoeg deur: Marius  op 2010/02/24
Nog 'n wenner van VW
VW moet nou net sy naverkoopdiens op peil kry en hy sal onstuitbaar wees.
Bygevoeg deur: André  op 2010/02/24
Amarok SUV?
Ek wonder of daar 'n SUV weergawe sal uitkom wat met die Toyota Fortuner, Nissan Pathfinder, Ford Everest en Mitsubishi Pajero Sport kan meeding. Bogenoemde modelle het hulle ontstaan te danke aan hulle bakkie eweknie¸, en ek dink dat die Amarok SUV uitstekend sal inpas tussen die Touareg en die Tiguan.
Bygevoeg deur: Johann  op 2010/02/23
Uiteindelik!!
Ek het gewag vir die oomblik, hou die bakkie dop! Toyota, Isuzu, hou jul Broeke vas!
Bygevoeg deur: Riaan Engelbrecht  op 2010/02/23
 
Kommentaar-opskrif:
Kommentaar:
Naam:
Tik asseblief die kode hier onder in die blokkie langsaan:


 
Advertensie:
Meeste kommentaar gelewer
- Ry-indruk: Volkswagen Amarok in Argentinië
kommentaar(21)
- George motorklub ovaalbaanwedrenne.
kommentaar(14)
- Glyende opwinding in George
kommentaar(9)
- Volkswagen Amarok, eerste offisiële foto’s
kommentaar(8)

Soortgelyke Blogs
- Plaaslike ry-indruk: Volkswagen Amarok
Kommentaar (0)
- Jetta so groot
Kommentaar (0)
- Jetta enjin-reeks uitgebrei
Kommentaar (1)
- So lyk 2011 se Polo-sedan
Kommentaar (2)
- Volkswagen Amarok arriveer in Suid-Afrika
Kommentaar (4)
| kontak ons | adverteer | privaatheidsbeleid | terme van gebruik | kopiereg | webtuisteverkeer |
Kopiereg 2009. Alle regte voorbehou.
ONTWERP, ONTWIKKEL, ONDERHOU EN AANGEBIED DEUR RAMSAYMEDIA DIGITALE PUBLIKASIES, 'N AFDELING VAN RAMSAYMEDIA.
DMMA logo