4 Desember 2009
Volkswagen Amarok, eerste offisiële foto’s
 kommentaar: 8
ʼn Groot Volkswagen bakkie? Dis reg, en hy is hier om Toyota, Nissan en Isuzu aan te vat.
Met eerste oogopslag is dit duidelik dat hierdie ʼn vrek aantreklike bakkie is. Aanskou die binneruim en ons is amper alreeds oortuig dat hierdie ʼn premium bakkie gaan wees, en dat hy waarskynlik ook hoër geprys gaan wees as sy direkte kompetisie. Maar bakkies is nie eintlik bedoel om mooi te wees nie, hulle is bedoel en gebou om te werk en hier staan die Amarok uit. Hy sal ʼn dra vermoë hê van 1,15 ton en ʼn maksimum sleepvermoë van 2,8 ton. Natuurlik sal hy deur die agterwiele aangedryf word met die keuse om ook vierwielaandrywing te selekteer. ʼn Feit wat nog verder krediet aan ʼn klaar goeie produk gee is dat die onderstel van hierdie bakkie basies ʼn Toyota Hilux is wat Volkswagen geneem het en aangepas het soos hulle goed dink. Enjins sal insluit Volkswagen se Euro5 2,0 liter TDi-enjin. Hierdie enjin lewer of 120 kW en 400 Nm of 90 kW en 340 Nm. Te same met ʼn 80 liter brandstoftenk sal dit help vir ʼn gunstige reikafstand.
Vir nou is daar net sprake van ʼn sesgang handratkas, hoewel ons vermoed ʼn outomatiese ratkas later beskikbaar sal wees.
As geen passasiers agter sit nie, kan hierdie sitplek platgeslaan word om die ruimte beter te benut terwyl die agterste laairuimste 2,52 m² kan sluk. Vanaf die bekendstelling sal slegs dubbelkajuit-bakkies beskikbaar wees. Enkelkajuit-bakkies sal daarna beskikbaar wees.
Volkswagen het bevestig dat te same met Suid-Amerika en Australië, Suid-Afrika die belangrikste marke vir die Amarok sal wees. Verwag dus ʼn uitgebreide reeks om met die ander spelers in hierdie segment te kompeteer.
Die Amarok sal volgende jaar plaaslik beskikbaar wees.
Leser kommentaar: (8)
NAVARA
KOOP NET 'N NAVARA 4X4 OF 'N NAVARA 2X4. JY SAL NIE SPUIT WEES NIE. FIT: UPGRADET SUSPENTION, TYRES& MOST OF ALL' A COMPLETE RECOVERY KIT.
Bygevoeg deur: FRANCOIS SWART op 2010/03/27
WAT VAN n' NISSAN NAVARA?
2.5 Diesel Navara het meer ruimte, krag,styl en krag, en die beste van alles is:Hy het meer krag as toyota se 3.0 D4D diesel( way meer)Yes,toyota verkoop baie bakkies en 'some unsafe mini suv-like thing' wat 'somehow' baie gewild is.Kyk bietjie na Navara se Dakar en ander international race-records.Google Uitslag van beeldnavraag nissan motorsport
Bygevoeg deur: Francois Swart op 2010/03/27
Buite bereik
Nee ek sal nie my Isuzu 2.5 Diesel veruil vir 'n voertuig wat homself nog nie bewys het nie. Die prys sal ook buite die bereik van die normale dubbelkajuit prys wees.
Bygevoeg deur: Pieter op 2009/12/17
Klink goed, maar ....
Wat van ons sub-standaard diesel vir so 'n gesofistikeerde enjin?
Bygevoeg deur: Oom Refie op 2009/12/07
nee dankie
ek wil hom nie he nie want ek moet ver ry om hom te laat diens ek laat diens sommer my isuzu by gm in die dorp waar ek bly
Bygevoeg deur: vurkie op 2009/12/07
Enjin keuse
2 liter met 120kw en 400nm is veel hoër as die oposisie se 3 liter diesels, wonder net hoekom Ford nie lankal 'n hoë verrigting v6 diesel beskikbaar gestel het nie.
Bygevoeg deur: Lammie op 2009/12/07
Ooo wee
Gesien in die lig van ander VW produkte gaan die mooi bakkie meer as net premium kos, wat eitlik `n jammerte is
Bygevoeg deur: Johann op 2009/12/07
Prys ?
Seker weer by die R600K om dit onbekostigbaar te maak vir die algemene publiek
Bygevoeg deur: Felix op 2009/12/07
|