Die Volkswagen Amarok sê die stryd aan die Toyota Hilux in die plaaslike eentonner-mark en is, as sulks, waarskynlik die belangrikste motor wat vanjaar plaaslik bekend gestel word. Ons ry hom in Baviaanskloof in die Oos-Kaap.
BMW het aangekondig dat sy M6 en M6-afslaankap die einde van hul produksielewe bereik het. Met dié dat die vervaardiging van die BMW M5 reeds ʼn tydjie gelede gestaak is, beteken dit ook die einde van BMW se V10-enjin.
Peugeot gaan in sy unieke 3008 HYbrid4 vir die eerste keer die ideale kombinasie bied van die lae verbruik van ʼn turbodieselenjin wat saam met ʼn elektriese motor ingespan word.