23 Maart 2009
George motorklub ovaalbaanwedrenne.
 kommentaar: 14
George Motorklub bied op Saterdag 11 April topgehalte ovaalbaanwedrenne aan wanneer die jaarlikse KAMPIOEN VAN KAMPIOENE wedren plaasvind.
Behalwe vir die ongeveer 30 renjaers in George, is daar alreeds inskrywings ontvang uit Oudtshoorn, Port Elizabeth, Despatch, Oos-London, Bloemfontein, Worcester, Riversdal, Mosselbaai, Knysna en Kaapstad.
Ongeveer 80-100 voertuie word verwag en elkeen van die sewe klasse jaag in drie uitdunne en 'n eindrondte. Die wedrenne begin om 16h00.
Kontak Nico van Rensburg of Karin Pick by 044-8841111 vir meer besonderhede.
Leser kommentaar: (0)
PIET SKIET
Beste drywer in die hele SA
Bygevoeg deur: JANA op 2009/06/01
Foto's?
Namens WIEL wil ons weet of julle foto's het van die wedren. Stuur 'n paar en 'n storie met besonderhede, dan plaas ons dit graag.
Bygevoeg deur: WIEL op 2009/04/16
Sydney van Rensburg
Sydney, ma is trots op jou - jy het fantasties gery.
Bygevoeg deur: Moedertjie op 2009/04/15
Dankie
Baie dankie aan al die drywers van al die klubs wat ons ondersteun het. Ons het 'n fantastiese dag gehad en vertrou dat ons julle volgende jaar weer hier sal sien. Dankie aan al die persone van die George Motor Klub vir hul bydrae om van die byeenkoms 'n sukses gemaak het.
Bygevoeg deur: Die van Rensburgs op 2009/04/15
Politiek in die sport
Ek hoop al die clubs gaan hulle poitiek eenkant sit en die wedren ondersteun. Gaan ons die Bitzers ook sien?
Bygevoeg deur: Reg Palframan op 2009/04/07
Voorspoed
Ek wens alle Victory Raceway drywers voorspoed toe. En Peet, mag alles goed afloop. Sterkte.
Bygevoeg deur: Skattie op 2009/03/31
Inskrywings
Clifford, jy kan vir Nico by 044-8841111 skakel, maar ek gee solank vir jou die inskrywings sovêr:2.1 Modifieds-Neels van Rooyen, Curt Alchin, Nickey Koegelenberg, Jaco Aylward, Christo Lantze,Tokkie van Zyl, Braam Koen, Graham Ferreira, Danie van Rooyen.Hotrods-Pieta Victor, Piet Scheepers, Curt Alchin, Shaun Collins, Lionel Treurnicht.Modified V8's-Elton Gilmer, Pieta Victor, Bennie Greyling, Clive Meyer, Juan du Preez, Johannes Havenga, André Crous, Johan Weitz, Sydney van Rensburg.1660's-Clive Meyer, Johan Kleyn, Peet van der Merwe, André Crous, Shaun Crous, Johannes Havenga, Daniel Renison, Brent Barnard, Devon Alchin, Alex Bailey.Ontwikkelingsklas-Nadia van Rensburg, Clarizka Opperman, Emmie Havenga, Jahnn Botha, Burger van der Westhuizen, Julian van Rensburg, Suzette Aylward, Divan Weitz, Jouwert van der Walt.Classic V8's-Arno Boshoff, Morné van Rensburg, Riaan Janse van Vuuren, Marius Joubert.Soos wat daar nog inskrywings bykom, sal ek dit hier vir jou gee.
Bygevoeg deur: Peet van der Merwe (George Motorklub) op 2009/03/31
Entries
Is daar iemand wat kan help met wie almal gaan jaag?
Bygevoeg deur: Clifford op 2009/03/31
Neels Madmax Van Rooyen
Neels Madmax van Rooyen is terug na 4 jaar. dis 'n wedrem wat jy nie mag misloop nie.
Bygevoeg deur: Skoonma op 2009/03/31
Bennie Greyling sal wen
Ek verskil van Gerrit. Bennie Greyling ken die baan soos die palm van sy hand en die ander V8's sal sukkel om hom te klop!
Bygevoeg deur: Peet - George op 2009/03/31
V8's
Pieta het 'n beter kans in die V8's, maar Elton Gillmer is self vrek vinnig. As die Bitzers van Bloemfontein nie jaag nie, sal een Pieta wen.
Bygevoeg deur: Gerrit - PE op 2009/03/31
Pieta die beste
Curt en Piet sal eers vir Pieta Victor moet klop!!
Bygevoeg deur: Nico (van PE) op 2009/03/31
Curt en Piet
Sien daarna uit om manne soos Curt Alchin en Piet Scheepers teen mekaar te sien jaag!
Bygevoeg deur: Rocco op 2009/03/31
Goeie wedrenne
Een van die heel beste ovaalbaanwedrenne in die land. Ek gaan kyk dit elke jaar.
Bygevoeg deur: Johan op 2009/03/31
|