WIEL se tydrenner Stefanie Hugo en haar navigator-pa Willem het “die opwindendste en gebeurtenisvolste tydren” van hul lewe beleef met hul deelname aan die Ermelo-tydren – ten spyte daarvan dat hul Toyota RunX gerol het.
Nog voordat die hekke geopen het vir MSA se nasionale ovaalbaanrenne, het deelnemers en toeskouers al tou gestaan by die hekke. ’n Toeskouer berig vir WIEL.
Op Saterdag 23 Januarie bied Tygerberg Raceway in Kraaifontein die eerste wedren vir ovaalbaanrenne in 2010 aan. 'n Toeskouer rapporteer oor komende Saterdag se wedrenne. Die dag word geborg deur P A Transport, Brackenfell
Voormalige WRC-kampioen Carlos Sainz en sy navigator Lucas Cruz het gehelp dat Volkswagen die eerste drie plekke ingepalm het, ʼn indrukwekkende resultaat in die 32ste Dakar-tydren in Argentinië.
Röhrl (62) het laas in 1993 aan hierdie uithouren deelgeneem, maar aangesien hy een van die bestuurders is wat die GT3 RS die beste ken, mag dit dalk vir verdere opwinding sorg.
Saterdag, 12 Desember, bied Tygerberg Raceway in Kraaifontein die vierde been van die ovaalbaan-klubkampioenskapreeks aan. Die dag word geborg deur WM Kontrakteurs en Archman Power Diesels.
As jy die komende Frankfurt motorskou gaan bywoon, sal jy beslis ʼn draai wil maak by die Duitsers se stalletjie waar Porsche die nuwe 911 GT3 Cup renmotor gaan uitstal.