10 Februarie 2010
Toyota se dilemma: Want mense is skape
 comments: 6

Toyota herroep miljoene motors węreldwyd omrede die versneller moontlik kan vashaak en omdat die sagteware-opset in die Prius ‘n effense vertraging tot gevolg het vir die remme om te byt. Dis glad geen groot issue nie, maar onderskryf die feit dat elektronika en ander bestuurshulpmiddels moderne motoriste lui gemaak het en bestuursvaardigheid – die kuns en verantwoordelikheid daarvan – geheel en al ondermyn. En waar anders as juis Amerika, waar mense oor die algemeen soos dom skape nie vir hulself kan dink en verantwoordelikheid neem vir hul dade nie – als is altyd iemand anders se skuld, met miljoene dollars in kompensasie is iemand selfs net liggies bloei – om die blaam van ʼn versneller wat haak of remme wat nie skerp genoeg is nie in ʼn klasaksie regsgeding te omskep. Die webtuiste Jalopnik som my gevoel 100% op oor die feit dat mense maar gewoon onnosel skape geword het en nie eens meer die eenvoudigste taak soos beheer behou oor ʼn motor kan uitvoer nie. Om perspektief oor die hele saak te kry, lees die volledige artikel en gesels daaroor om jou volgende braaivleisvuur. Kyk ook na die leserkommentaar aan die einde van daardie storie... – FR
Reader comments: (6)
Skape?
Francois your comments are naive, stupid and certainly ill informed in this case. If 8 million cars are recalled , finally only after a family was killed driving a lexus. How can you refer to this recall as lightly bleeding? There are people in jail and dead due to this sticky accelarator. In the real world someone has to take resposibility. Toyota has , 8 million times. For you to call the public sheep is very unproffesional. I am highly disgusted in you page 1 , April addition. Toyota South Africa must have payed you a lot for that.
posted by: Derick Truscott on 2010/05/16
Jou lesers is skape?
Dit is slegs n idioot wat na sy kliente verwys as " skape".(Wiel April 2010) n Idioot, wanneer hy as n leier van mense, dit as voorbeeld van sy leierskap voorhou. Besef jy Mnr. redakteur, dat dit die "skape" is wat jou blad bestaansreg gee, en sodoende vir jou en jou staf werksgeleenthede skep. Jy doen jou medewerkers dus n groot onreg aan om jou kliente, of soos jy na ons verwys,nl. "skape", te beledig en hulle van jou dienste en produk te vervreem.Ek verwag n snedige opmerking om jou optrede te regverdig, so ek het sommer vooraf besluit om nooit weer jou tydskrif aan te skaf nie. Ek glo dat daar menigte ander lesers is wat met hulle hard verdiende geld gaan stem. Ek glo ook dat jy te veel van n papbroek is om hierdie brief te publiseer, maar as jy dit wel doen, sien ek uit na jou verduideliking aan jou oorblywende lesers.
posted by: Pieter Uys on 2010/04/02
'n Fout bly 'n Fout
Ek dink nog steeds Toyota's is van die beste motors op die pad en dat daar 'n berg van 'n molshoop gemaak word, maar 'n fout of die potensiaal daarvoor bly nog steeds 'n fout of die potensiaal daarvoor en moet uiteraard reggestel word.Almal is nie ewe goeie bestuurders of motor entoesiaste nie. Die meeste mense by verre gebruik net hul motors vir vervoer. Dit is vir hulle niks meer as net dit nie. Hulle stel geensins belang in die genot van motorbestuur nie, dit is vir hulle net nog 'n werk. Hulle motors is vir hulle net vervoer implemente. Ek dink dit is onregverdig om van die mense te verwag om op te tree soos 'n motor entoesias, en 'n versneller wat vashaak is nie hulle dade waarvoor hulle verantwoordelikheid moet neem nie. Hul onvermoe om so 'n situasie te hanteer is glad nie snaaks nie. Dit is te verwagte. My vrou is so 'n persoon. Uiters intelligent en beklee 'n baie goeie posisie waar sy daagliks verantwoordelikheid neem vir werk met 'n moeilikheidsgraad waarvoor ek nie kans sien nie. Maar as haar BMW se versneller vashaak sal sy dit heel moontlik nie oorleef nie want sy sal so skrik dat sy niks gedoen sal kry nie.So ek dink nie dit is regverdig om die Amerikaanse publiek te blameer as hulle te sterwe kom in 'n wegholmotor en nie weet, of op daardie oomblik kan dink, wat om te doen nie.Toyota is in elk geval nie hulpeloos nie en kan hulself in enige hof ter wereld verdedig.
posted by: André on 2010/02/18
Stem
Jip Dan - dit wys jou dat Toy se 'yskaste' ook foute het...hul eienaars steek dit net weg. Hoekom is Honda dan elke keer bo-aan die kwaliteit's surveys en nie Toyota nie? Persepsies... Gee my eerder karakter en flair!
posted by: Stig on 2010/02/11
Ironies
Ek moet eintlik saam met Wiel stem dat die probleme nie juis so groot is nie, en maar net opgeblaas word deur almal wat iets daaruit wil kry. Ek vind dit wel ironies dat die een rede hoekom baie mense hul siel verkoop en 'n Toyota aanskaf is vir hul betroubaarheid, al moet jy passie ens inboet. Ek kan nie help om te dink vele Alfa bestuurders lag in hul mou, want ten minste het hul geweet hul kar gaan probleme gee, mar ten minste het hul 'flair'!
posted by: Dan on 2010/02/11
VSA Toyota herroep
Ek woon in die VSA- al 28 jaar..en ry n 2009 model Camry.Wiel is korrek, Amerikaners is n bederfde,bestuursonkundige nasie. Meeste van die herroep agitasie is met die doelwit om finansiele buit te maak. Vanaand op TV was n Toyota USA prokureer wat afgedank was in die verlede..nou skielik kla hy Toyota aan van kwaliteitsbedrog.Hy se sy senuwees kon dit nie hou nie..ook dat hy nognie weer werk kon kry nie. Net nog n "bandwagon" moegoe.
posted by: Chris Hugo on 2010/02/11
|