“Daar is niks mee fout om fietsryers raak te ry nie”. Dis nou volgens ’n blog wat onlangs groot opslae gemaak het. Natuurlik het hierdie kommentaar fietsryers die harnas in gejaag, so laat ons eerder aan meer werkbare oplossings dink.
Daar is sekere oortredinge wat ʼn mens die oë ʼn bietjie voor kan toeknyp, dinge soos om nie jou flikkerlig te gebruik nie by ‘n plaaspad-kruising 200 km buite Pofadder. Alhoewel ek dit nie goedkeur nie, is dit ook te vergewe as iemand effens oor die spoedgrens kruip, veral tussen Springbok en Upington. Waar daar geen grasie vir vergifnis is nie, is wanneer mense doodeenvoudig net nie hulself, maar ook ander in gevaar stel deur blote dwaasheid.
Hoe goed of sleg ‘n fliek in my boekies is, hang grootliks af van hoe goed of sleg die jaagtonele was en hoeveel keer ek die rewind-knoppie gedruk het.
Daar is mense wat enige iets sal doen om hulle drome te na te jaag. Geen pad is te lank, geen roete te gevaarlik en geen uitdaging te groot as dit hulle nader bring aan daardie doel nie.