Met die dat die vervaardiging van die Citi Golf tot ʼn einde gekom het, is daar ʼn nuwe (nie vir wins) klub gestig: Mark 1 Legends met die slagspreuk, Legends live forever. Dit bestaan uit ʼn klomp Citi-entoesiaste wat gereeld byeenkomste het en oor alles wat met Citi’s te doen het gesels en bespreek.
Lede kan selfs vir hulle hemde aanskaf wat die klub adverteer. Vir die wat belangstel oor toekomstige geleenthede en byeenkomste kan gerus Jacque Wagner epos by mk1legends@gmail.com of hul webtuiste besoek by www.mk1legendsclub.20m.com www.mk1legendsclub.20m.com.