Click here!
In die nuutste WIEL:  
Teken in vir ons
gratis weeklikse
nuusbrief!
Jou epos-adres:*
Latest Cover
 
Latest Cover
ATKV Vakansie Oorde
 
click here!
click here!
2010 Motorsport-kalender
click here!
 
motor verkope
 
 
click here!
 
 
Besoek die vervaardigers:
Alfa Romeo
Aston Martin
Audi

Bentley
BMW
Cadillac
Caterham
Chana
Cherry
Chevrolet
Chrysler
Citroën
Daihatsu
Dodge
Ferrari
Fiat
Ford
Foton
Gonow
GWM
Hafei
Honda
Hummer
Hyundai
Isuzu
Jaguar
Jeep
Kia
Lamborghini
Land Rover
Lexus
Lotus
Mahindra
Maserati
Mazda
Mercedes-Benz
Mini
Mitsubishi
Nissan
Opel
Peugeot
Porsche
Proton
Renault
Rolls-Royce
Saab
Smart
Ssangyong
Subaru
Suzuki
Tata
Toyota
Volkswagen
Volvo
 

 

8 Februarie 2010
Boekresensie: Winning – The Racing Life of Paul Newman
kommentaar: 0
Die voorblad van die boek.



Geen ander akteur het so ʼn sukses van beide hul akteurloopbaan en renloopbaan gemaak soos Paul Newman nie. Na Newman se afsterwe in 2008 is ʼn hele paar boeke gepubliseer oor sy lewe. Hierdie boek fokus groot en deels op sy passie vir motorsport.

Paul Newman se talent as akteur is nie eers debatteerbaar nie. Hy is eenvoudig een van die beste akteurs van sy tyd en vir filmliefhebbers wat nog nie flieks soos Butch Cassidy and the Sundance Kid of Sting gesien het, mis regtig uit.

Newman het altyd ʼn belangstelling in motors getoon, maar sy belangstelling vir motorsport het eers later begin tydens sy rol in die fliek Winning wat in 1968 geskiet is. Hierdie fliek fokus op die lewe van ʼn renjaer, Frank Capau, wat Newman vertolk het.

Dit het ʼn ware geïnteresseerdheid vir die renbaan en renmotors in hom opgewakker en Newman het geleidelik al hoe meer aan wedrenne begin deelneem en ook redelike sukses behaal. Hoewel hy nooit in aan ʼn Indy 500- of Formule 1-wedren deelgeneem het nie, het hy redelike sukses (wat insluit ʼn paar podiumplekke en oorwinnings) in Trans-Am, IMSA Sprint Races, Can-Am asook ʼn hele paar uithouwedrenne gehad.

Soveel verskillende wedrenne het natuurlik ook bygedra dat Newman agter die stuur van ʼn hele paar renmotors gekom het. Die boek is belaai met inligting oor al die wedrenne en mense wat hy in kontak mee gekom het met net soveel akkommoderende foto’s van die begin tot die einde van sy renloopbaan.

Interessant genoeg was die laaste fliek waaraan Newman deelgeneem het die Pixar tekenfilm Cars waar hy die rol van die Doc Hudson (ʼn Hudson motor) vertolk het. Hierdie fliek het ook oor motors en die wedrenwêreld gedraai.

Die boek is te koop by loot.co.za vir R266.

Besonderhede:

Titel: Winning – The Racing Life of Paul Newman

Outeur: Matt Stone

ISBN: 978-0-7603-3706-6

Prys: R266 (aflewering gratis)


deel | digg | stuur aan |


 
Kommentaar-opskrif:
Kommentaar:
Naam:
Tik asseblief die kode hier onder in die blokkie langsaan:


 
Advertensie:
Meeste kommentaar gelewer
- Ry-indruk: Volkswagen Amarok in Argentinië
kommentaar(21)
- George motorklub ovaalbaanwedrenne.
kommentaar(14)
- Glyende opwinding in George
kommentaar(9)
- Volkswagen Amarok, eerste offisiële foto’s
kommentaar(8)

| kontak ons | adverteer | privaatheidsbeleid | terme van gebruik | kopiereg | webtuisteverkeer |
Kopiereg 2009. Alle regte voorbehou.
ONTWERP, ONTWIKKEL, ONDERHOU EN AANGEBIED DEUR RAMSAYMEDIA DIGITALE PUBLIKASIES, 'N AFDELING VAN RAMSAYMEDIA.
DMMA logo