Vir byna agt jaar was sangeres Tonia Bern getroud met die Britse land- en watersnelheid-rekordhouer Donald Campbell. Hierdie is haar storie oor die paar jaar wat hulle getroud was en die hartseer einde.
Sommige boeke vertel nie net ‘n storie nie, maar neem jou werklik terug na die tyd waarin die storie vertel word. Plaas daarmee saam die akteurs in die boek, die omgewing en al die gebeure en sommige skrywers kry dit werklik reg om jou op ‘n uitstappie te neem.