“Om verdere massa en ruimte te bespaar is daar van krukpenne gebruik gemaak, wat beteken dat die enjin nou glad genoeg is sodat balanseerstawe ook nie nodig is nie.”
“Die enjin is van die enkel-bonokas (EBNA) tipe, ʼn ontwerp wat van die maatskappy se CRF-veldfietse ontleen is. Weg is die befaamde V-Tec, want met 129 Nm tot jou beskikking is die nuwe kragbron ongelooflike plooibaar.”
“Vir die eerste keer maak ʼn Honda-padfiets van ʼn elektroniese versneller gebruik...”
“Hierdie is handomkeer van die vorige VFR...”
“Dit is slegs die eerste in ʼn reeks nuwe V4-modelle...”
Lees in die Maart-uitgawe van WIEL oor ons volledige ry-verslag oor die nuwe
VFR1200F.
Spesifikasies:
Enjintipe: EBNA, vierslag, V4
Verplasing: 1 237 cm3
Krag: 127 kW teen 10 000 r/min
Draaimoment: 129 Nm teen 8 750 r/min
Massa: 267 kg
Brandstoftenk: 18,5 liter
Prys: R159 999