Click here!
In die nuutste WIEL:  
Teken in vir ons
gratis weeklikse
nuusbrief!
Jou epos-adres:*
Latest Cover
 
Latest Cover
ATKV Vakansie Oorde
 
click here!
click here!
2010 Motorsport-kalender
click here!
 
motor verkope
 
 
click here!
 
 
Besoek die vervaardigers:
Alfa Romeo
Aston Martin
Audi

Bentley
BMW
Cadillac
Caterham
Chana
Cherry
Chevrolet
Chrysler
Citroën
Daihatsu
Dodge
Ferrari
Fiat
Ford
Foton
Gonow
GWM
Hafei
Honda
Hummer
Hyundai
Isuzu
Jaguar
Jeep
Kia
Lamborghini
Land Rover
Lexus
Lotus
Mahindra
Maserati
Mazda
Mercedes-Benz
Mini
Mitsubishi
Nissan
Opel
Peugeot
Porsche
Proton
Renault
Rolls-Royce
Saab
Smart
Ssangyong
Subaru
Suzuki
Tata
Toyota
Volkswagen
Volvo
 

 

14 Oktober 2009
22 000 km met ‘n 1982 Honda CG125
kommentaar: 0



Baie van ons het drome wat insluit om die wêreld met ‘n motorfiets te verken. Sommige mense gaan doen dit. Hier vertel Joel en Hannah Burdall hul storie.

Ons het ons epiese reis begin in Boston, Brittanje, in April hierdie jaar. Slegs paar maande later en op 13 September het ons in Johannesburg aangekom. Verder is ons ook op pad na Kaapstad binne die volgende week of twee. Ons roete het ingesluit Engeland, Spanje, Frankryk, Italië, Griekeland, Turkye, Sirië, Jordanië, Egipte, Soedan, Ethiopië, Kenia, Uganda, Rwanda, Burundi, Tanzanië, Zambië, Malawi, Mosambiek en laastens Suid-Afrika. Die feite: 2 wiele, 20 lande, 22 000 km en 2 volkome idiote.

Die 1982 Honda CG125 was die enigste keuse vir ons. Ek het my tyd in die Britse weermag verlede jaar voltooi, maar ek het steeds opwinding gekort in my lewe – die rede hoekom ek toe met ‘n C90 na Senegal gery het. Tydens my terugkoms het my meisie ook ‘n sterk belange gekry vir hierdie tipe uitstappie en vereis dat sy op die volgende toer saamgaan. Ek wou weer ‘n C90 gebruik, maar ek het iets ‘groots’ nodig gehad. Dit moes ook taai, goedkoop, onbreekbaar en maklik wees om onderdele voor te kry. O ja, en volgens my meisie, ook mooi wees. Dus, sonder twyfel die CG125.

Opsoek na ‘n CG125

Na baie gesoek op die internet het ons een gekoop. Dit was in ‘n aanvaarbare toestand, maar het bietjie aandag nodig gehad om dit weer tot sy eertydse glorie te herstel. Ons het die motorfiets niks hiervan gegee nie en met hom Afrika ingevaar. Op die ou end het ons smeerstof vir die ketting geneem en ‘n groter brandstoftenk aangeheg. Ons het Engeland verlaat met die oorspronklike bande, ratketting en vonkprop.

Byna ses maande later met ons aankoms in Suid-Afrika het ons slegs een keer bande verander sowel as die ratketting. Die oorspronklike vonkprop doen nog sy ding. Ons het geen meganiese probleme gehad nie. Die oliebak se prop het wel twee uitgeval aangesien hy deur rotse geslaan is op sekere roetes. Beide kere het ons nie geweet dat die olie uitgeloop het nie tot die enjin ophou werk het.

Probleme?

Elke keer het die inwoners vir ons uitgehelp met ‘n handgemaakte alternatief. Elke keer kon ons weer binne 15 minute in die pad val. Die motorfiets moes op diesel olie, sintetiese olie, semi-sintetiese olie en soms op ‘n mengsel hiervan loop. Die enjin het nooit ‘n probleem opgetel nie. Hy loop vandag nog met ‘n gegrom soos iemand se stem wat twintig sigarette per dag rook.

Tussen die begin en die eindpunt was die Honda blootgestel aan fyn stof, tropiese reënstorms, gekraakte paaie en nog veel meer. Temperature het gewissel van -5 grade Celsius in Brittanje tot 55 grade Celsuis in Soedan.

Ons voel dat hierdie motorfiets nou sy plek in ‘n museum verdien. Maar, in plaas daarvan wil ons nou van Alaska na Argentinië ry.

Orals waar ons gery of gestop het, kon mense nie glo dat hierdie 27 jaar oue motorfiets ‘n toer deur Afrika kan behartig nie. My opkomende boek Bandits and Bad Roads sal hopelik getuig wat hierdie motorfiets in staat toe is.

Joel en Hannah Burdall.


deel | digg | stuur aan |


 
Kommentaar-opskrif:
Kommentaar:
Naam:
Tik asseblief die kode hier onder in die blokkie langsaan:


 
Advertensie:
Meeste kommentaar gelewer
- Ry-indruk: Volkswagen Amarok in Argentinië
kommentaar(21)
- George motorklub ovaalbaanwedrenne.
kommentaar(14)
- Glyende opwinding in George
kommentaar(9)
- Volkswagen Amarok, eerste offisiële foto’s
kommentaar(8)

Soortgelyke Blogs
- Ry-indruk: Honda CR-Z
Kommentaar (0)
- Honda CR-Z voor jaareinde hier
Kommentaar (0)
- Baantoets van Honda Civic Type R Championship Edition (video)
Kommentaar (0)
- Ry-indruk: Honda VFR1200F
Kommentaar (0)
- Meer oor die komende Honda CR-Z
Kommentaar (0)
| kontak ons | adverteer | privaatheidsbeleid | terme van gebruik | kopiereg | webtuisteverkeer |
Kopiereg 2009. Alle regte voorbehou.
ONTWERP, ONTWIKKEL, ONDERHOU EN AANGEBIED DEUR RAMSAYMEDIA DIGITALE PUBLIKASIES, 'N AFDELING VAN RAMSAYMEDIA.
DMMA logo