Aprilia se RSV4 Factory is nou in Suid-Afrika beskikbaar en Aprilia wil dit baie duidelik maak dat hierdie motorfiets naby aan die weergawe is wat in WSB-kampionskap deelneem.
Die vurk voor bestaan uit Öhlins renvurke wat verstelbaar is. Dit is ook die geval met die agterste veerstelsel.
Versnelling is natuurlik uitmuntend terwyl die voorste remme van Brembo af kom wat 320 mm vlekvryestaal skywe knyp.
Die 1 000 cm³ enjin is ‘n 65 grade V4-eenheid wat gebruik van elektronika tussen die ryer se handvatsel en die enjin. Dus, daar is geen meganiese koppeling van die handvatsel na die enjin nie. Dit word deur die nuutste Marelli-eenheid beheer.
Die ontwerp van die enjin laat hom toe om tot 14 200 r/min te loop terwyl maksimum krag van 132 kW teen 12 500 r/min gelewer word en maksimum draaimoment van 115 Nm teen 10 000 r/min.
Waar hulle kan het Aprilia se ingenieurs ook die motorsfiets probeer ligter maak en hy weeg nou 179 kg.
Soos verwag kan word kom al hierdie tegnologie teen ‘n prys van R245 995. Ingesluit in die prys is ‘n twee jaar onbeperkte afstand waarborg.